Home
What's New
Romantic Gifts Gift Ideas
Love Coupons
Free E-Cards
Occasions Anniversary
Valentines Day
Add Romance Dinner Ideas
Date Ideas
Vacation
Romantic Ideas
Bedroom
Proposal
Massage
Breakfast Recipes
Just For Fun Songs
Movies
Games
Photoshoot
Poems
Free Graphics
Extras Search
Share Your Story!
Share This Site
Articles
My Story
Links
Ask A Question
Privacy Policy
Contact Us
[?] Subscribe To This Site

XML RSS
Add to Google
Add to My Yahoo!
Add to My MSN
Subscribe with Bloglines

Gelukkige Valentynsdag

by Marne Fourie
(Bloemfontein )

Dit was Vrydag. My naweek was gereel, my niggie was opad en ek het lekker warm in my bed gele met n DVD - 'The Golden Compass'. Toe my selfoon lui was ek amper frustreerd, ek wil slaap... Maar dit was nie my gewone vriendekring wat wou kuier nie, dit was jy. Die bombastiese klient van Belinda, wat my in die Laan raakgeloop het en my nommer gevra het. Ek wou nie vir jou nee se nie, jy's dan so aantreklik?! Ons het die aand saam spandeur, my niggie gaan haal en ek kon nie die aantreklike, interessante, spontane persoon vergeet nie. Daarna was ons baie in mekaar se geselskap; wyn gedrink, DVD's gekyk, vriende gemaak.

Dinge het begin hand uitruk. Die kuiers het meer gereeld geraak, die stories het meer onduidelik geword, my vriende se kuier stories het jou al hoe meer in gehad, sonder dat ek daarvan geweet het - jy het so seer gemaak. Iemand wie ek so lief gehad het, vertrou het, het my hart gebreek. Jy was nie nog n boyfriend om my te laat vergeet van ander dinge nie, jy was my beste vriend...

Ek het voor jy my seergemaak het erken ek was verlief op jou, maar bo alles was jy my beste vriend. My vertroueling. Ek wou jou nie liefhe en n verhouding he nie, dan hoef ek nie gevoelens te wys nie. Solank jy daar was, was ek gelukkig. En toe verloor ek jou, jou konsentrasie het koers geslaan in n ander rigting.

Om jou terug te he in my lewe was iets wat baie onverwags gebeur het, maar ek het nog nie n minuut se speit erfaar nie, nog net geluk. Ek glo dit was so bestem. Ek is op my pad na vergifnis met jou, want dis wat liefde is; vergifnis en nog n kans. En dit is wat ek vir jou voel, liefde. Ek wil jou by my he, jy maak my gelukkig.

Ek voel nog die seer, die teleurstelling... Soms laat dit my bors toetrek en ek kry n knop in my keel. Maar elke keer wat jy in my oe kyk en se jys lief vir my wil my hart bars van vreugde. Jy maak my gelukkig en ek wil net elke minuut saam jou wees.

Ek is lief vir jou, want jy gee om, want jy verstaan en sommer net omdat jy, jy is!

Click here to post comments.

Join in and write your own page! It's easy to do. How?
Simply click here to return to Make A Romantic Webpage
.





Search This Site!


Romantic Travel Destinations













Creative Romantic Gift Ideas













Creative Romantic Gift Ideas